Met aanloop tot die mees onlangse WIETA oudit, het BVPD ons gehelp met ywer, vinnige terugvoer en deurlopende bystand, en beveel ek BVPD ten sterkste aan ten opsigte van hulle Papierlose stelsel en uitstekende personeeldienste.
Archives
As onlangse vennoot met BVPD, het hulle die WIETA akkreditasie proses vir Glen Carlou soveel makliker gemaak. Die span is baie professioneel, met ongelooflike kennis van WIETA beginsels en arbeidswette. Hulle hanteer ons inspeksies, opleiding en vergaderings, en help om ons veiligheidspraktyke te verbeter en risikos te bestuur, tot voordeel van die maatskappy en in die belang van werknemers. Met waardevolle insette en bewusmaking van die nuutste indiensnemingswette, maak dit ons werk soveel makliker om te fokus op dit wat gedoen moet word.
Die Paperless stelsel het die organisering van ons WIETA proses ongelooflik baie vergemaklik. Omrede ons soveel plase het, is dit maklik om die dokumentasie, inspeksies ens. te monitor terwyl alles vinnig toeganklik en bereikbaar is. Ons is ook deur ‘n WIETA oudit met die stelsel en dit het die proses soveel meer vereenvoudig omdat alle dokumentasie bymekaar was. Sal dit regtig aanbeveel!