Met aanloop tot die mees onlangse WIETA oudit, het BVPD ons gehelp met ywer, vinnige terugvoer en deurlopende bystand, en beveel ek BVPD ten sterkste aan ten opsigte van hulle Papierlose stelsel en uitstekende personeeldienste.

Sedert ons gebruik maak van BVPD se Paperless stelsel, is ons SIZA en WIETA papierwerk 100% op datum. Die stelsel verseker dat uitstaande dokumente betyds aangevra en verkry kan word lank voor die vervaldatum.

Die Paperless stelsel verskaf besparing op ink en papier, asook tyd. Dit is soveel makliker om ‘n dokument van die sisteem af te trek in plaas daarvan om deur ‘n dik lêer te soek.

Die Papierlose stelsel verseker dat alle dokumente beskikbaar is op jou selfoon of rekenaar, dit herinner jou aan belangrike datums in terme van etiese oudit voldoening en dra baie by tot spoedige en meer eenvoudige WIETA, SIZA en GLOBAL GAP oudits.

Die Paperless stelsel verskaf gemoedsrus met oudits, vergemaklik liassering aansienlik en help ons spaar op drukwerk.

Die Paperless stelsel het die organisering van ons WIETA proses ongelooflik baie vergemaklik. Omrede ons soveel plase het, is dit maklik om die dokumentasie, inspeksies ens. te monitor terwyl alles vinnig toeganklik en bereikbaar is. Ons is ook deur ‘n WIETA oudit met die stelsel en dit het die proses soveel meer vereenvoudig omdat alle dokumentasie bymekaar was. Sal dit regtig aanbeveel!

The Paperless system was the best decision we could make as a company. The convenience of working on the online system is so much better because everything is scheduled. All we need to do is manage and monitor the platform.

Die Papierlose stelsel beteken vir ons baie aangesien alle arbeids-verwante dokumentasie en administrasie op enige gegewe moment vir ons by ‘n sentrale punt beskikbaar is.

Die Papierlose stelsel maak dit maklik om vinnig te bepaal wat uitstaande is. Enige bestuurder kan dadelik sien watter take dringende aandag verg. Dit is maklik om te gebruik en verlos die personeel van administratiewe druk. Die feit dat dit ‘n omgewingsvriendelike alternatief is tot die konvensionele papiermetodes is vir ons ook belangrik.

Die platvorm is verbruikers-vriendelik en verseker dat alle relevante dokumentasie maklik nagegaan en hersien kan word. Die “reminder” stelsel werk ook baie lekker.