Tanya Surendorff
Financial Manager / Groot Phesantekraal

Ons is baie gelukkig met BVPD – hulle is altyd bereid om spoedig te help met enige navrae. Die maandelikse besoeke verseker dat die nodige opleiding en inspeksies tydelik gedoen word en dus altyd op datum is.

Susan Stofberg
Farm Owner / Stofberg Wines

Die BVPD span hanteer elke moontlike uitdaging professioneel en met kundigheid. Hulle lewer uitstekende diens op vele terreine van die Boerdery. Die Paperless stelsel verskaf gemoedsrus met oudits, vergemaklik liassering aansienlik en spaar op drukwerk.

Anchane Koekemoer
HR Manager / Van Loveren

Ons kry altyd uitstekende kliëntediens van BVPD! Hulle het bekwame personeel wat altyd beskikbaar is om aan ons menslike hulpbronne behoeftes te voorsien met vinnige terugvoer en bystand, en is altyd bereid om die ekstra myl te stap vir hulle kliënte.

Jesmine September
Quality & Compliance Control Manager / Haute Cabrière

BVPD always provide effective communication, they are always willing to help and on time with visits. We will repeatedly work with the BVPD team.

Seugnet de Wet
BRC Compliance Manager / Freshness First

BVPD verskaf baie goeie kliënte diens en ondersteun ons deur middel van oudit voorbereiding en ondersteuning, bestuur van vergaderings, etiese handel opleiding van werkers, ons rekords op datum hou, die hantering van dissiplinêre verhore, en regstellings en nasien van werkskontrakte.

Villiers Loubser
President / Agri Wes-Kaap

Ek kan getuig van net die beste kliënte diens ervaring by BVPD oor die afgelope paar jaar. Ons het aanvanklik by BVPD aangesluit om uit te help met die maandelikse regulatoriese vereistes rondom ons arbeidsmag en het nog nie een dag teruggekyk nie.

De Wet de Bruyn

BVPD se kliëntediens is puik. Die span reageer vining op versoeke en navrae, en hul is goed ingelig oor industrie onderwerpe. Die span is vriendelik, professioneel en toeganklik.

Charne Adams
HR Manager / Neil Ellis

BVPD is fluks met terugvoering en kundig op hulle gebied.

Mally Marais
Owner / Packhouse Manager / Marais Vrugte

Marais Vrugte kan BVPD met lof aanbeveel vir enige boerdery wat hul admin agtermekaar wil kry. Hulle is altyd bereid om die ekstra myl te stap om kliënte te bevredig en gelukkig te hou.

Johnnie Calitz
Senior Winemaker / Glen Carlou

As onlangse vennoot met BVPD, het hulle die WIETA akkreditasie proses vir Glen Carlou soveel makliker gemaak. Die span is baie professioneel, met ongelooflike kennis van WIETA beginsels en arbeidswette. Hulle hanteer ons inspeksies, opleiding en vergaderings, en help om ons veiligheidspraktyke te verbeter en risikos te bestuur, tot voordeel van die maatskappy en in die belang van werknemers. Met waardevolle insette en bewusmaking van die nuutste indiensnemingswette, maak dit ons werk soveel makliker om te fokus op dit wat gedoen moet word.