Nuwe nasionale minimum loon

Die nasionale minimum loon is vroeër die week aangepas na R23.19, effektief 1 Maart 2022.

Arbeidsminister, Thulas Nxesi, het Maandag die nuwe nasionale minimum loon vir plaaswerkers en huiswerkers aangekondig. Alle plaaswerkers is dus vanaf 1 Maart geregtig op R23.19 vir elke normale werksuur gewerk – ‘n 6.9% verhoging van 2021.

Die Nasionale Minimum Loon Kommissie oorweeg ‘n verskeidenheid faktore wanneer daar ‘n aanpassing tot die minimum loon plaasvind. Dit sluit in inflasie, lewenskostes, bruto binnelandse produk, loonvlakke, sowel as ander faktore.