Die nuwe jaar bring transformasie by BARVallei aan

Die afgelope jaar het verskeie opwindende veranderinge vir BARVallei Personeeldienste ingehou, en ter afsluiting van 2021, deel ons graag ‘n paar hoogtepunte en belangrike nuus met betrekking tot ons besigheid.

Ons stel graag BVPD bekend

Ons is opgewonde om die vernuwing van die BARVallei Personeeldienste handelsmerk en identiteit aan te kondig!

Met die nasionale uitbreiding van BARVallei tydens die afgelope paar jaar, beteken dit dat ons nie meer area-gebonde is nie en dat ons dienste nou amptelik landwyd beskikbaar is.

Ons nuwe logo reflekteer die verkorting van BARVallei Personeeldienste na BVPD om hierdie transformasie uit te beeld. Die kort en kragtige naam is ook meer gepas en vereenvoudig die manier waarop daar na ons besigheid verwys word.

Die ander groot verandering ten opsigte van die logo, is natuurlik die rooi kleur wat met skakerings van groen vervang word om tipies die landboubedryf te weerspieël. Die kleur groen verteenwoordig ook tradisioneel vernuwing, natuur en groei wat heel toepaslik op BVPD is.

Webtuiste

Ons webtuiste is intussen ook omskep om ‘n omvattende oorsig van ons dienste, span en kliënte uit te beeld. Gaan verken gerus ons nuwe webtuiste en vind meer uit oor die individue wat deel vorm van BVPD, ‘n volledige lys van dienste wat ons bied, asook meer inligting oor ons nuwe agenteprogram en Paperless stelsel.

Agenteprogram

Om by die nasionale uitbreiding van BVPD aan te sluit, het ons ‘n netwerk van agente gevestig om uitgebreide areas uitsluitlik te diens. Nuwe omgewings sluit tans in, maar is nie beperk, tot die volgende: Hexvallei, Stellenbosch, Grabouw, asook areas in die Noord-Kaap en die Oos-Kaap.

Die doel van hierdie program is om gereeld nuwe agente van verskeie provinsies in Suid-Afrika aan boord te bring, om persoonlik die kliënte van spesifieke streke te diens.

Paperless stelsel

Vir diegene wat nog nie bewus is van BVPD se Paperless stelsel nie, help ons digitale oudit hulpmiddel en bestuurstelsel ons kliënte om hul besighede te stroomlyn en om oudits te verpersoonlik. Die produk fokus daarop om administratiewe take te vereenvoudig en verseker dat alle oudit dokumentasie sentraal beskikbaar is.

Elke kliënt se besigheid en behoeftes is uniek, daarom kan die stelsel ook spesifiek gebou en pasgemaak word soos verlang. By BVPD glo ons dat daar geen perke is tot innovering in die landboubedryf nie, en dat nuwe stelsels rolspelers in die industrie kan bystaan en hulle die geleentheid gun om te fokus op dit wat belangrik is.

Dit is ook goeie nuus vir diegene wat nie meer met stapels papiere en lêers wil voortgaan nie en voortaan alles op hul rekenaar kan stoor en gebruik.

Leave a Reply